Kaapstad Praktyk
Pretoria Praktyk
Kaapstad Praktyk
Pretoria Praktyk
John Ortberg sê:
“We can be tempted to place all our focus on the outer person. But one day all that will pass away. You, however, are a being who will never cease to exist. Your spirit, your inward character, is in process of becoming something: something either unbelievably good or something unimaginably dark.”
Die graad 9 seisoen is nog oop, maar die graad 11 seisoen “for enhancing becoming unbelievably good” is nou ook oop veral vir die volgende paar maande. Kontak ons telefonies of per epos vir ‘n afspraak vir loopbaanbeplanning en ‘n “purpose” gesprek. Hierdie afspraak kan oggend of middag van Maandag tot Saterdag plaasvind. Of kliek hier om aanlyn ‘n afspraak te maak: https://louwloopbane.com/about/
Die volgende paar maande is die ideale tyd vir ‘n gr. 11 wat die eerste keer ons omvattende psigometriese evaluasie doen om ‘n finale beroepskeuse te maak. Dit gee die gr. 11 daardie ekstra inspirasie om alles in te sit vir die beste moontlike einde gr. 11 resultate wat belangrik in die keuring vir toelating tot kursusse is. ‘n Finale keuse in die laaste kwartaal gee ‘n gr. 11 ook kans om die keuse tot begin matriek te herkou en dan vroeg in die jaar ‘n opvolggesprek te doen by ons indien daar nog skaafwerk aan die keuse benodig word. Die gr. 11’s vind groot waarde uit die klem wat ons plaas op persoonlikheidstyl, beter selfbegrip en versterking van emosionele intelligensie(EI), kragtige wapens om sukses te behaal in die geveg van die akademie en lewe.
George Bernard Shaw het gesê:
“This is the true joy of life; the being used for a purpose recognized by yourself as a mighty one.”
Die graad 9 seisoen vir “true joy of life, mighty purpose” afsprake is oop. Kontak ons vir ‘n afspraak vir loopbaanbeplanning, die maak van toepaslike graad 10 vakkeuses en ‘n “purpose” gesprek. Hierdie afspraak kan oggend of middag van Maandag tot Vrydag plaasvind. Of versoek aanlyn ‘n afspraak.
Daar is breedweg 2 benaderings tot vakkeuses:
1. Kies die GROOT 4 (Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe en Rekeningkunde) en beskik oor meeste van die minimum vereiste vakke vir toelating tot die meeste naskoolse kursusse. Hierdie benadering hou jou opsies oop maar dit kan gebeur dat relatief min van die inhoud van jou naskoolse kursus vir jou bekend is en jy akademies dan te groot uitdagings ervaar.
2. Kies vakke toepaslik tot jou naskoolse kursuskeuses en begin jou reeds op skool voor te berei met kennis en vaardighede vir jou beroepskursus. Meer van die inhoud van jou naskoolse kursus sal so vir jou bekend wees en jy verhoog jou kanse op akademiese sukses daarin.
Ten einde nommer 2 hierbo te realiseer, doen ons ‘n deeglike en omvattende psigometriese evaluasie van alle fasette van toepassing op die gr. 9 se loopbaanbeplanning. Na die maak van die loopbaankeuses, word die resultaat op die gr. 10 vakkeuses toegepas. Al die inligting word vir 5 jaar bewaar om as hulp te dien met die vrae en uitdagings wat ontwikkel totdat die leerder in naskoolse opleiding suksesvol lanseer word.
Die gr. 9’s vind groot waarde uit die klem wat ons plaas op persoonlikheid, beter selfbegrip en versterking van emosionele intelligensie(EI).
OJ Simpson, Lance Armstrong, Marion Jones, Hansie Cronje, Tiger Woods is almal voorbeelde van mense wat bekend is vir hul
besondere sporprestasies maar in so ‘n mate te kort geskiet het in ander fasette van hul menswees dat hulle openbare beeld negatief daardeur beïnvloed is.
Vanaf ‘n jong ouderdom oefen sportsterre geweldig hard om die beste te wees in wat hulle doen. Hulle spandeer
soveel tyd aan die ontwikkeling van hul liggame en sport emosionele intelligensie dat daar kwalik tyd oor is om hul emosionele intelligensie (EI) van toepassing op ander terreine as sport te ontwikkel. En dan as bekendheid kom is die druk so baie dat hul kwalik oor die sterktes, wysheid en onderskeiding beskik om dit sinvol te hanteer.
Jou EI is hoe slim jy met jou eie en ander se gevoelens is, of jy frustrasies sinvol kan hanteer, kan wag vir bevrediging van jou behoeftes, dinge kan doen wat moeilik vir jou is en kan sukkel tot jy dit regkry, hoe jy na die lewe, mense en veral slegte en onregverdige gebeurtenisse kyk en dit hanteer en verwerk.
Sterk EI is nie net van waarde vir sportsterre nie. Dit het ‘n reuse impak op alle mense se beroepsukses en -geluk. Behalwe jou loopbaankeuse en die implikasie vir jou vakke op skool, doen ons spesiaal moeite by Louw Loopbane om jou selfkennis en begrip te verbeter en jou te inspireer om jou EI te versterk.
Somer is hier- mag julle almal, selfs die wat oor die feestyd werk, vars energie kry uit die mildadige son, wonderlike somergeluide en die Here se bereidheid om ons nuwe krag en energie te gee as ons rus by Hom.
God het ons elkeen een liggaam gegee om soos ‘n kosbare kleinood op te pas. Ons energie en gesondheid is in ‘n groot mate aan ons liggame gekoppel; ‘n belangrike faktor in ons loopbaansukses en -geluk. Ons energie is die resultaat van wat ons eet, ons rus- en slaapkwaliteit, genoegsame oefening en ons emosionele intelligensie (Healthy, wealthy, happy).
Vir die van julle wat vinnig gewig wil verloor voor jul 1ste strand en see-verskyning, gebruik ‘n supergesonde tegniek soos Herbalife se wonderlike 4 dag program waarin die meeste mense 2-4kg in die 4 dae afgooi. Behalwe vinnige gewigsverlies, is dit ‘n program wat bydra tot jou energie en gesondheid.